Welkom by Solika

Welkom by Solika

Hallo daar! My naam is Sonja, en by Solika bied ek ‘n verskeidenheid kreatiewe items aan wat kleur en lig in jou lewe kan bring. Ná jare as eienaar van ‘n wolwinkel en baie ander kreatiewe dinge, het ek Solika geskep om kreatiwiteit maklik en toeganklik te maak vir almal - of jy nou net iets moois wil hê of jou eie unieke skeppings wil maak.

By Solika vind jy alles van verf en handgemaakte items tot hekelwerk en mosaïek en nog baie meer! Hou dié spasie dop vir "one-of-a-kind" items wat sorg dat NET JY die unieke item kan besit!

Ek is ook trots daarop om ander skeppers se werk te deel - kunstenaars wat dalk net een of twee items skep, maar wat steeds 'n groot verskil maak. My doel is eenvoudig: om die kuns van "Lewe lig!" vir almal ‘n werklikheid te maak, deur oorspronklike en unieke items wat vreugde bring.

Sonja Rudman

Alles van verf & handgemaakte items tot hekelwerk & mosaïek

So wie is Solika?

Solika het ontstaan uit 'n droom wat jare gelede begin het, toe ek as 'n klein kindjie in 'n huis grootgeword het met 'n pappa wat vol drome en liefde was. Een van sy drome was om 'n plaas en boerdery te hê, en hy het dit reggekry om ‘n stuk grond te besit wat tussen ‘n plot en ‘n plaas was. Daardie grond het hy "Solika" genoem, vernoem na my en my twee sussies: Sonja, Liesé en Karin.

Ek volg steeds in my pa se voetspore, met 'n kop vol drome en 'n hart vol liefde. Een van daardie drome het gegroei tot 'n liefde vir unieke, handgemaakte kuns. My pa het hard gewerk om vir ons te sorg, maar hy het ons ook van kleins af geleer om ons eie geskenke te maak, om kreatief te wees en ons eie twee hande te gebruik om iets spesiaals en unieks te skep. Dit is waar my liefde vir handgemaakte kuns ontstaan het.

Vir my is daar iets besonders aan kuns wat met die hand gemaak is – die tyd, moeite en passie wat daarin ingaan, gee dit 'n unieke, sentimentele waarde. Ek glo daar is niks meer kosbaar as 'n geskenk of 'n stuk kuns wat deur iemand gemaak is wat hul hart, tyd en liefde daarin gesit het nie.

Deesdae leef ek my liefde vir unieke, handgemaakte kuns uit en deel dit met die wêreld. Solika is nie net 'n besigheid nie; dit is 'n manifestasie van daardie liefde, wat ek hoop sal inspireer en waarde bring aan ander wat dieselfde passie vir kuns en kreatiwiteit deel.

Ons reekse

ArtAcryl Kunsvlyt Mediums

Touhalssnoere (Lariats)

Hekelwerk

Handgemaakte Rokkies

Gereed vir die kreatiewe reis?

Kontak ons

Sonja Rudman

Copyright © 2025 Solika . All rights reserved